6

Want elke kind verdien 'n sterk, selfversekerde begin op hulle leerpad. 

Baie ouers voel onseker of hulle kind “op standaard” is met lees, skryf of spelling — en dit is heel normaal.

Vroeë leesondersteuning is uiters belangrik. Navorsing wys dat die eerste jare van ’n kind se lewe (ouderdom 3–7) die belangrikste is om breinverbindings te bou wat leer en lees later vergemaklik. Vroeë ondersteuning help kinders om selfvertroue en vaardigheid te ontwikkel, wat hulle voorberei vir skool en die lewe daarbuite.

Besef jy dat 81% van Graad 4-leerders in Suid-Afrika nie met begrip kan lees nie? Dit beteken dat die meerderheid kinders reeds teen 10 jaar agter is, selfs in goeie skole. Deur vroeg in te gryp met leesonderrig kan ons hierdie leesgapings voorkom en kinders die geleentheid gee om hul skoolloopbaan met selfvertroue te begin.


Ouers voel dikwels oorweldig deur vol programme en teenstrydinge raad weet gevolglik nie waar om te begin nie.  

Jy’s nie alleen nie — en jy hoef dit nie op jou eie uit te werk nie.

8

By EduBuddies help ons kinders tussen 4 -7 jaar om 'n stewige lees- en leerfondasie te bou - op 'n speel-speel manier wat die brein geniet. 

By EduBuddies help ons kinders tussen 4–7 jaar om vanaf die begin ’n stewige lees- en leerfondasie te bou — op ’n speel-speel manier wat die brein natuurlik geniet. Deur vroeg te begin, ontwikkel kinders selfvertroue en ’n sterk vaardigheidsbasis wat hulle help om in die skool en daarna te slaag.

Waarom fokus op vroeë leer?
Teen graad 4 behoort kinders goed te kan lees, maar in Suid Afrika kan 8 uit 10 kinders nog nie met begrip lees nie.  Dit is presies waarom ons speel-speel, breinvriendelike hulpmiddels ontwerp om kinders van 4–7 jaar ’n voorsprong te gee voordat hulle skool begin.

Ons metode is gegrond op neuroprogrammering, wat eenvoudig beteken dat ons kinders leer op maniere wat vir jong breintjies lekker en natuurlik is: beweging, musiek, ritme, herhaling, patrone en verhoudings.


Dit maak nie saak of jou kind nou eers begin om letters of klanke te ontdek of sukkel met vroeë spelling nie — ons hulpmiddels is ontwerp om:

  • - Selfvertroue stadig maar seker op te bou

  • - Leer soos speel te laat voel

  • - Ouers te ondersteun (selfs as jy onseker is waar om te begin)


Elke aktiwiteit, klankkaart en les is gegrond op jare se klaskamer-ervaring en ondersteun deur navorsing — maar dit bly eenvoudig, lekker, en maklik om by die huis te gebruik.


Jy hoef nie ’n onderwyser te wees nie. Jy het net ’n paar goeie hulpmiddels nodig — en dit is presies wat ons voorsien.

Leesboks

Ons is só opgewonde om binnekort ons Leesboks bekend te stel — ’n speelse, gestruktureerde hulpmiddelstel wat jou kind help om vanaf die begin ’n stewige lees- en spellingbasis te bou met selfvertroue en genot.

Hoekom vroeg begin? Die eerste jare lê die fondasie vir alles wat daarna kom. Met ’n sterk vroeë basis is kinders meer geneig om suksesvol te wees op skool, lees te geniet, en selfvertroue te bou.


SEPTEMBER 2025!!


Dis nie net nog ’n boks vol werkvelle nie.  Dis ’n volledige mini-program, gebaseer op beproefde neuroprogrammering wat
kinders tussen 4 en 7
help om die basiese beginsels baas te raak — op ’n prettige, beproefde manier.

Wat kry jy in Boks 1? (Fase 1: Ken jou Klanke)

In hierdie eerste fase leer jou kind om:

  • - Al 26 alfabetklanke in minder as 15 sekondes te herken en sodoende 'n sterk fondasie vir lees en begrip te bou voordat hulle skool begin.

  • - Elke letter reg te vorm wanneer hulle skryf

  • - ’n stewige grondslag te bou deur breinvriendelike herhaling, speel en beweging

In die boks kry jy:

  • - Sagte klei om letters mee te vorm (bv. a vir appel)

  • - Alfabetkaarte (a tot z)

  • - Sigwoord-kaarte wat by elke klank pas

  • - Gelamineerde skryfvelle met regte lettervormings

  • - ’n Versameling prettige, gestruktureerde speletjies wat versterk wat jou kind leer

Jy kry ook toegang tot kort videolesse wat jou stap vir stap wys hoe om elke aktiwiteit te gebruik —
geen voorbereiding of ondervinding nodig nie.


Net 10 tot 20 minute per dag is genoeg om selfvertroue en werklike vordering te bou.


Eenvoudig. Beproef. En lekker om by die huis te gebruik.


Die EduBuddies Leesboks - Fase 1

16 lesse, oor 8 weke met klanke en speletjies om jou kleuter te help om die alfabet te skryf, sê en ken.


Prys: R1899.00


BESTEL VANDAG!!
7

Vroeë leer hoef nie oorweldigend te wees nie.

Deur vroeg te begin, help jy jou kind nie net om vaardighede te ontwikkel nie — jy gee hulle ’n voorsprong wat hulle vir die res van hul skooljare sal dra.

 Met die regte hulpmiddels en leiding help jy nie net jou kind nie — jy groei ook in selfvertroue.


By EduBuddies verstaan ons hoe belangrik hierdie vroeë jare is. Daarom het ons speelse, navorsing-gebaseerde hulpmiddels ontwerp wat dit makliker (en lekkerder) maak om jou kind by die huis te ondersteun.


Of jou kleinding nou pas begin om letters raak te sien, of al begin worstel met spelling — ons is hier om saam met jou te stap. Met hulpmiddels wat maklik is om te gebruik, en strategieë wat regtig werk.


Jy hoef dit nie alles self uit te werk nie. Elke oomblik saam met die Leesboks bou nie net vaardighede nie — dit bou vertroue, liefde en ’n hegte band tussen jou en jou kind.


Bly in kontak vir handige wenke, aanmoediging en nuwe hulpmiddels — spesiaal ontwerp vir jou en jou kleuter. Ons stap dié pad saam, een tree op ’n slag.

9

Drukbare Freebies

Ons het vir jou ’n paar vinnige, lekker aktiwiteite ontwerp om by die huis te probeer, insluitend:

      • - ’n Drukbare 3-stap selfvertrouebouer

      • - ’n Drukbare fonetiese klankkaart

      • - ’n Drukbare spelpatroonaktiwiteit

      • - ’n Drukbare 10 minute spellingspeletjie

      Teken aan en kry jou gratis Welkompak vol slim hulpmiddels!

      Voer jou naam en e-pos hieronder in.

      Geen strooipos nie — net handige hulpmiddels en ondersteuning.

Freebie